Wilgehof Primary School

Reach for a dream: Patience Smock

9 September 2002

Soos enige 5-jarige dogtertjie het Patience Smock al baie gedink oor die dag wanneer sy ook soos ander kinders skool toe sal gaan. Leer lees, somme doen, pouse met haar maatjies gaan speel... en aan sport sal deelneem.

Maar, haar lewe en drome het aan skerwe gelê toe sy met kanker in beide oë gediagnoseer is – albei ogies moes verwyder word en sy ontvang tans bestraling.

Om vir maande alleen in die hospitaal te wees ver van jou familie is vir geen kind lekker nie, maar Patience het altyd ’n glimlag en met haar liefdevolle geaardheid is sy almal se liefling!!!

Patience het nog nooit ’n pop gehad nie en vertel vir almal dat sy graag ’n pop wil hê wat huil...

BORG: Wilgehof Primêre Skool

Kontakpersone:
Sarelda Rossouw (Reik na ’n Droom)
   082 823 2899
Louise Peens (Reik na ’n Droom)
   082 967 7396
Wilgehof Primêre Skool
   (051) 522 5211  (Wynand Vermeulen, Johanna Venter)